Sand Du Plessis 18 Mei 2025

Klik vir foto's

LdeK Konsultasie het op 7  Mei 2025 drie sessies met die hele personeel (34 lede) van Sand Du Plessis HS gehad. 
Spanbouaktiwiteite waar personeel 'n intressante "ysbreker" sessie gehad met met hope pret waar hulle kommunikasievaardighede uitgedaag is om te luister en te doen as ander met jou praat... Ook 'n "ken mekaar weer" ...  Verder is 'n mentorskap ontwikkelingsprogram is bekend gestel. Die laaste sessie is aangewend om die personeel se moraal te probeer herstel in 'n uitmergelende beroep wat alles van hulle verwag en soms min terugkry.

Op 8 Mei is die top 5 akademiesepresteerders by 'n ontbytfunksiegeleentheid vir die  plaaslike primêre skole gemotiveer om tegniese vakrigtings te oorweeg om sodoende 'n verskil te maak aangesien dit die toekoms is waar jou vaardigheids moontlikhede baie belangrik is. 
Die aand is met voornemende leerders en ouers gesels by die Skool se OPEDAG, oor die belangrIkheid om regte keuses te  maak tov 'n skool-en vakkeuses wat hulle hele lewe bepalend gaan wees.

Baie dankie Mev Riana Nel,die skoolhoof vir die geleentheid om 'n vernoot in onderwys vir Sand Du Plessis HS te kon wees. Baie dankie vir julle vriendelikheid en moeite wat julle aangegaan het. 
Wimpie Lodewyk
LdeK Konsultasie


Kommentaar van personeel:

Mentorskap is baie belangrik en ek dink dit is waardevolle inligting veral vir jong, onervare onderwysers.  In die ou dae het mense makliker mentors aangeneem omdat daar nie ander inligting beskikbaar was nie. Die jong mense van vandag is baie (of hulle dink hulle is) selfstandig en nie gewoont om raad te vra  nie. Mentors kan baie help in die verband. Ek ondervind dat min onderwysers by Sannies vir raad vra en met ander meer ervare personeel kommunikeer. Ek hoop hulle neem die raad ter harte.

Die speletjies buite was baie lekker, veral die een met die vrae oor wat elke persoon verkies. Ek dink dit is sinvol en personeel leer mekaar beter ken. Ek dink tog dit kan ‘n bietjie verfyn word sodat die mense mekaar kan sien. As almal in ‘n kring staan en vorentoe of agtertoe tree dan is dit dalk bietjie meer persoonlik.

Die ander speletjie het die sessie bietjie lank gemaak en ek weet nie of dit enige waarde het dat personeel beter saam met mekaar sal werk nie. Dit is dalk ‘n aktiwiteit vir ‘n langer spanbou.

Wat die motivering betref: die personeel is baie negatief en moedeloos en uitgebrand. Die meeste mense se motivering kom nie van binne nie. 

Keren van Eeden


On Wednesday 7 May the staff were invited to attend a team building / motivation evening.  The goal was to get staff to bond, to motivate staff and to assist staff with stress management.

Staff played games to encourage team work and "get to know your colleague" games, of course it was the games that were the most fun with lots of laughter and jokes being made and naturally there were staff who were super competitive and some that were more, shall we say "creative" to ensure victory... 

The importance of mentorship and good workplace morale was presented and the stress, pressure, demands and sometimes unrealistic expectations placed on educators was touched on. And we received some helpful advice of how to try to deal with the above.

Thank you to Mr Wimpie for his time and for his enthusiasm and passion for teachers - it was an informative and enjoyable evening.  Thank you also to the SMT for arranging this evening for the staff and joining in on all the activities. 

Mrs Michelle Pienaar


Mnr Lodewyk het ‘n wonderlike sin vir humor en het die vermoë om jou hart te raak.  Sy kennis en ervaring is voorwaar ‘n inspirasie vir my as jong skoolhoof.  Die mentorskap praatjie het ek baie geniet, aangesien elke mens iemand moet hê om raad te vra en na wie jy kan opkyk.  Dankie vir ‘n goedvoorbereide praatjie en die pitkos wat ons met ons kon saamneem. 
Ek sal hom beslis vir ‘n opvolg spanbou gebruik.  Baie stertke met die pad vorentoe.

Mev Riana Nel


 

Afrikaans