
Wie is LdeK Konsultasie? Wimpie Lodewyk
Meer as 46 jaar ondervinding.
Wimpie is jou keuse as jy die verandering van goed na uitstekend wil hê in die doelwitte wat jy vir jou instelling vir die toekoms stel. Hy was betrokke by meer as 7 verskillende komponente in die onderwyssektor soos tegnies, landbou, hoër onderwys, sekondêre en primêre onderwys sowel as die sport- en kultuuromgewing in samewerking met die federasiesektor.
Hier is net 'n paar van Wimpie se eienskappe:
- Wimpie sal positiewe energie na enige gehoor bring.
- Wimpie hou daarvan om 'n gefokusde, ‘n pasgemaakte hooftema vir elke geleentheid voor te berei.
- Wimpie sal meer as net 'n goedvoeltoespraak lewer. Hy sal jou gaste van meer voorsien – hy motiveer en inspireer mense om op te tree. Jou gehoor sal huis toe gaan met stof tot nadenke, idees oor die bestuur van verandering en positiewe energie wat langer hou as wat verwag word.
HOE EK MY ERVARING IN BESTUUR, OPLEIDING EN VAARDIGHEIDSONTWIKKELING GEKRY HET?
Hoe dit begin het!
Ek was so bevoorreg om reeds tydens my skooldae aan leierskap as prefek en Hoofseun van 'n skool en skoolkoshuis blootgestel te wees. (Twee jaar) - hoërskool
Ook op universiteits- en weermagvlak was ek vir 6 jaar betrokke by studente- en offisierleiersposisies.
Afgetrede onderwysbeampte van 38 jaar met ondervinding in onderwys en bestuur.
Strategiese bestuursopleidingservaring:
Ek was 18 jaar skoolhoof en in my daaglikse verantwoordelikheid as skoolhoof was strategiese bestuursopleiding deel van my werk.
Voordat ek 'n skoolhoof geword het, was ek vir 4 jaar 'n opvoeder, daarna 4 jaar 'n departementele hoof en 3 maande lank 'n adjunkhoof voordat ek 'n skoolhoof geword het. Ek het afgetree as die DHOS: Bestuurder beroepskole in die Vrystaat Provinsie, verantwoordelik vir alle Tegniese- en Landbouskole in die ondersteuning, bestuur en beheer van +/-57 skole.
- Ek is ook steeds betrokke by die nasionale struktuur van tegniese skole in Suid-Afrika as die Nasionale Algemene Sekretaris van NAST (Nasionale Vereniging van Tegniese Skole).
Ander bestuur en opleiding ondervinding:
- Bestuurslid in alle poste in atletiek van sekretaris tot voorsitter, organisering van byeenkomste, kampe en as voorsitter van Vrystaat Skole Atletiek oor 'n tydperk van 34 jaar.
- Raadslid van SASA (SA Skole Atletiek) as Uitvoerende Lid Ontwikkeling Afrigting vir 18 jaar.
- Raadslid van Atletiek Vrystaat.
- Vrystaat Skole Afrigting Vereniging – Sekretaris, Kursusleier en hoofafrigter oor 28 jaar.
Ander opleiding/afrigting ervarings:
- Gekwalifiseerd as afrigter (VLAKKE):
- Vlak 3 afrigting SAAAU (1989-)
- Vlak 3 afrigting Atletiek SA (2004 -)
- Nasionale ASA-afrigter
- Nasionaal - SA Skole Atletiekkeurder - SA Skole Atletiek (2001 - 2022)
- Nasionaal - SA Skole Atletiekspanbestuurder en Jeugatletiek Suid-Afrika (2006 -2012)
- IAAF kursus in Kenia - Gekwalifiseerd as Hoof Jeug Nasionale Ontwikkelingsafrigter/Beampte in Suid-Afrika vir talentidentifikasie.
Ander ervarings:
- Seremoniemeester/programdirekteur/progamleier
- Motiveringspreker
- Leierskapopleiding vir bestuurstrukture in die onderwys
- Vaardigheidskompetisie in die tegniese skoolsektor op distriks-, provinsiale en nasionale vlak as organiseerder.
- Vandag en in die toekoms wil ek 'n verskil maak in mense se lewenskwaliteit. In die ondersteuning wat ek kan bring, hulle help om in hulself te glo, en baie belangrik om saam met hulle te vier wanneer hulle hul uitdagings oorwin en dan 'n beter weergawe van hul vermoëns as mense en leiers in hul eie reg wees.